Ai, dit is Brittanje op sy beste - die landgoed is verby romanties-mooi, die humor Brits, en die fliekie lekker lig met 'n fyn onderliggende tema. Kyk gerus as jy bang voel vir oudword, dit is belis nie vir sissies nie. Saam met Bella op die bank. Saturday, June 29, 2013
Quartet - 7/10
Ai, dit is Brittanje op sy beste - die landgoed is verby romanties-mooi, die humor Brits, en die fliekie lekker lig met 'n fyn onderliggende tema. Kyk gerus as jy bang voel vir oudword, dit is belis nie vir sissies nie. Saam met Bella op die bank. Iron Man Three 2D - 7/10
Hierdie uitgawe van Iron Man is vir my minder gefokus op die Iron Man pak, ja daar is nuwe truuks, en meer op die ou in die pak. Dit het nog steeds lekker gekyk en is een van die beter superhero flieks. Die korteres van die kortvolk mag dit dalk nie so baie geniet nie, dit is minder op hulle vlak gemik. Saam met die familie in die Kolonnade teater. Sunday, June 23, 2013
Verraaiers - 7/10
Verraaiers is beslis nie ligte materiaal nie, en wys 'n ander hoek van wat ons op skool geleer het. Dit is goed gemaak, 'n getroue periode drame, met goeie vertolkings. Kyk gerus, maar vat so bietjie versterkdruppels, kasterolie of mampoer vooraf. Saam met Bella en Ma Lenie op die bank. Saturday, June 22, 2013
Playing for Keeps - 4/10
Playing for Keeps is beslis 'n tjiekfliek en net daai bietjie te veel so vir die manne om te geniet... Saam met Bella op die bank. Sophie and Sheba - 5/10
Sophie and Sheba is 'n aks onder die gemiddeld, maar dalk redelik vir sy genre. Kyk gerus saam met die jonger familie lede. Dalk meer van 'n tjiekfliek as iets anders. Die fliekie het ook die gepaste lessie of twee daarby en is boonop gemaak vir bewustheid rondom die bewaring van olifante. Saam met die familie en Ouma Lenie op die bank.Wednesday, June 12, 2013
Bel Ami - 4/10
Aagnee, wat 'n teleurstelling is Bel Ami nie. Hollywood kry sekere periode dramas net nie reg nie. Die spel is geforseerd en nie regtig gepas vir die tyd nie. Probeer maar, maar wees gewaarsku. Saam met Bella op die bank. Here Comes the Boom - 5/10
Here Comes the Boom is gewone Hollywood stapel met 'n onderliggende, dun boodskappie. My tienerman het dit redelik geniet. Kyk as jy breinloos voel. Saam met die Familie en Luca op die bank. Cloud Atlas - 7/10
Voor ek dit geweet het, het ek die heeltyd gewonder dat Cloud Atlas eintlik Matrix Transcendent moes gewees het. G'n wonder, ook gemaak deur die een Wachowski broer. Die film is baie lank, maar beweeg goed genoeg dat dit nie regtig pla nie. Lekker kyk wetenskapfiksie. Probeer gerus, maar moet nie te intellektuele fiksie verwag nie. Saam met Bella op die bank. Tuesday, June 11, 2013
Parental Guidance - 5/10
Parental Guidance is 'n tipiese Hollywood fliekie met 'n lessie daarby. Tog heel kykbaar, met 'n paar komiese tonele wat redelik slaag. Moenie te veel verwag nie. Saam met die gesin op die bank. Sunday, June 2, 2013
Delicacy - 5/10
Delicacy, oftewel La délicatesse is 'n getroue Franse fliek met Engelse onderskrifte. Wel, daar is onderskrifte maar dit lyk asof 'n Sjinees dalk 'n hand daarin kon gehad het. Engrish-agtig. Ek was dalk so bietjie moeg vir hierdie oukie, so het 'n goeie paar uiltjies in die tweede helfte geknip. Soet storietjie. Saam met Bella op die bank. Arrow, Seisoen 1 - 4/10
Arrow lyk heel kykbaar maar ons het nog nie verby episode 1 kon beweeg nie... Daar is 'n ander paar reekse wat nou eers meer interessant lyk. Saturday, June 1, 2013
Revenge, Seisoen 1 tot 3 - 5/10
Revenge lyk nie te sleg nie, dalk so skalkse neiging om 'n sepie te probeer wees. Sal dit nog so paar episodes kans gee (Seisoen 1). Hou gerus maar verby vanaf Seisoen 3, raak dan 'n volbloed sepie waar almal saam met almal geslaap het, en mense vanuit die dode weer verskyn...
Operation Dumbo Drop - 5/10
Operation Dumbo Drop is 'n ligte fliekie in die lyn van Down Periscope en Pentagon Wars. Dit het so ietwat minder humor, maar het steeds 'n paar snaakse tonele. Die twee manne het lekker saam gekyk. Saam met die familie op die bank. Saturday, May 25, 2013
Down Periscope - 6/10
Down Periscope is lekker lig en snaaks. Dit is 'n ou fliek, baie soortgelyk aan Pentagon Wars. Moenie te veel verwag nie, ontspan net. Perfek vir 'n Vrydagaand na 'n lang week. Saam met Bella op die bank. Friday, May 24, 2013
Hitch - 6/10
Hitch is 'n goeie voorbeeld van sy genre. Lekker tjiekfliekie met 'n paar grappe wat die manne sal kan kyk. Die meisies sal hierdie een baie geniet, so kyk maar saam met haar... Saam met Bella op die bank.Sunday, May 19, 2013
Lock, Stock and Two Smoking Barrels - 6/10
Daar is niks fout met Lock, Stock and Two Smoking Barrels nie. Dit is goed gemaak, gepas humoristies, swart humor. Dit is amper 'n kunsfliek voorbeeld van die genre. Ek raak egter al meer sensitief vir sinlose geweld. Die lyn is lekker konkelend met 'n baie goeie einde. Saam met Bella op die bank.Saturday, May 18, 2013
Ella Enchanted - 5/10
Ella Enchanted
is 'n lekker ligte, lawwe fliekie. Saam met Bella en Anrich op die bank. Franko wou dit nie weer kyk nie...Angus, Thongs and Perfect Snogging - 6/10
Angus, Thongs and Perfect Snogging is 'n bittersoet, onskuldige kykie na grootword. Dit is baie gepas vir Standerd vyfs. Lekker ligte Britse humor, met 'n baie meer gepaste aanslag as Hollowood. Saam met Bella op die bank.
Sunday, May 12, 2013
Paljas - 7/10

As mens in ag neem dat Paljas 1998 in die teaters gedraai het, was die film sy tyd vooruit. Nie in terme van verhaal of so nie, maar in terme van die "gevoel" van die film. Die verhaal is wel klassiek. Alhoewel die film 'n ouderdomsperk van 13 Taal het, is dit wel toeganklik vir middel tot laat laerskool kinders ook. Nog 'n pyl in die koker van Afrikaanse flieks wat mens behoort te sien. Saam met Ouma Lenie en die familie in Bloemfontein, nie almal op een bank nie! Was daar vir Ouma se verjaardag en Moedersdag.
Sunday, May 5, 2013
Butter - 5/10
Butter is 'n gemiddelde, amper cliche van off-circuit Amerikaanse kunsflieks. Dit is 'n soet ou storietjie met aweregse karakters en 'n oordrewe tema. Die hoofrolle word egter puik vertolk, as mens die genre in ag neem. Wat die fliek minder suksesvol maak is die meganistiese uitvoering daarvan, resepagtig. Kyk vir 'n rustiger aandjie tuis. Saam met Bella op die bank.Saturday, May 4, 2013
A Royal Affair - 8/10
Wel, wat se die Rooi koningin, AF MET SY KOP! In A Royal Affair vervaag die lyn tussen geskiedenis en fiksie soveel dat as mens klaar gekyk het, jy so ligte kriewel ervaar. Puik omdat die film in sy oorspronklike taal gelaat is met Engelse onderskrifte. Daar is in elk geval soveel Deense woorde wat mens raak hoor in Afrikaans. Pragtig gemaak, uitstekende periode drama (of feit). Geloofwaardige vertolkings. Kyk gerus, dalk net nie as jy te moeg is nie, dit beweeg wel hier en daar stadig, maar die wag is die moeite werd. Mens het dan ook aanvanklik 'n ooreenstemmende, met die koningin, gevoel van weersin in die koning, maar dan later besef mens sy lot en kry hom dan ook jammer. Saam met Bella op die bank. The Sessions - 8/10
The Sessions is nie vir ouma of boeta om saam te kyk nie, maar van die mees gevoelvolste flieks oor 'n redelike moeilike tema. Helen Hunt het 'n taamlike brawe rol aangepak sonder skroom sou ek reken, en vir 'n 1963 model, baie goed. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, koeitjies en kalfies word op die naam gese^ en gewys. 'n Besonderse film, ekonomies, en wat mens met uiterste deernis laat. 'n Intellektuele tjiekfliek. Puik vertolkings, regdeur. Saam met Bella op die bank.Sunday, April 28, 2013
Silver Linings Playbook - 4/10
Silver Linings Playbook is 'n lang, stadige, pyn van 'n tog deur die onstuimighede van komplekse menslike gedrag. Die fliek is nie vir sissies nie. Wat dit nog vreemder maak is die mak, Hollywoodstyl, cliche einde. Dit pas glad nie by die res van die fliek nie, tempo, styl en lyn gewys. Kyk gerus as jy probleme het, dit laat joune klein lyk. Wees weereens gewaarsku, dit is 'n pyn om te kyk, veral op 'n Saterdagaand. Hierdie, as gevolg van die einde, klassifiseer dan as 'n tjiekfliek, maar ek sou dan reken in die riller sub-kategorie van tjiek flieks. Die vertolkings is redelik gepas en goed. Saam met Bella op die bank. Saturday, April 27, 2013
Django Unchained - 7/10
Django Unchained is 'n moderne Western, baie goed gemaak vir sy genre en heel kykbaar. Dit is vir my ietwat aan die lang kant, maar dit pla nie te erg nie. Dit is op die ou einde 'n love story daarby. Die skiet tonele het oormatig baie bloed wat spat, so die werklikheid word so bietjie meer verteerbaar gemaak. Kyk gerus op 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die bank. Sunday, April 21, 2013
The Words - 5/10
The Words is nie te sleg nie, maar staan die gevaar om 'n generiese fliekie te word ten spyte van die rolverdeling. Dit is gelukkig kort, en het 'n redelike spanningslyn wat op 'n papperige manier ontknoop word. Kyk op 'n flouerige Sondagaand, beslis nie Vrydag of Saterdagaand vermaak nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, April 20, 2013
Life of Pi - 8/10
Life of Pi slurp mens in 'n wereld van oorlewing in, sodat jy die soutwater proe. Ryk visuele beelde, met 'n sterk boodskap. Kyk gerus as jy 'n skeepsvaart beplan... of dalk nie. Werk goed vir enige aand van die week. Die film is nie net somber nie, het ook humor in, met goeie afwisseling tussen emosies. Saam met die familie en ma Else op die bank. Looper - 8/10
Looper het 'n baie interessante benadering tot tyd toerisme - eintlik glad nie vir toerisme nie, maar laat dit eers daar - en 'n vars apokaliptiese uitbeelding van 2044 of so iets. Die lyn is lekker kompleks, die spanningslyn perfek en die wetenskapfiksie deel geloofwaardig. Dit is op die ou einde 'n sad love story, so die skoner geslag kan dit gerus kyk. Daar is 'n paar bloederige tonele, maar gelukkig vinnig en finaal. Kyk gerus op 'n Vrydagaand, perfekte anti-werk tonikum. En ou Bruce werk goed in die fliek, en sy jonger self pas mooi in. Saam met Bella op die bank. Sunday, April 14, 2013
Hitchcock - 7/10
Hitchcock is beslis die moeite werd, lekker kort, bondig sonder te veel frilletjies. Puik vertolkings, regdeur. Kyk beslis as 'n 'n fe^n is van sy werk.
Saam met Bella op die bank.
Saturday, April 13, 2013
Klein Karoo - 6/10
Klein Karoo is 'n lekker ligte Afrikaansie tjiekfliekie en heel kykbaar vir die hele familie. Dit lyk of die Afrikaansie filmbedryf op 'n klimpad is. Saam met Bella op die bank.Monday, April 8, 2013
The Big Bang - 3/10
The Big Bang klink of dit potensiaal het maar die kombinasie tussen kwantum meganika en skop-skiet-en-donder werk net nie, selfs nie eens die sekstonele help nie. Nee wat, ek het groot stukke geslaap in hierdie flou makou. Streng op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
The Master - 3/10

Mens kan soms uitnemende films met Hoffman sien, maar dan is sy spel soms so goed dit raak ontoeganklik. The Master bevat spel uit die boonste rakke, milieu en alles ingesluit, behalwe dat die fliek dodelik vervelig is, en glad nie regkry wat dit beoog nie. Dalk was ek weereens net te moeg om die subtiele boodskappe en tonele te snap. Nee wat, as jy lus is vir 'n teoretiese puik fliek, maar absoluut geen ontvlugting nie. Beslis nie 'n Vrydagaand fliek nie. Saam met Bella op die bank.
Jock of the Bushveld (1986) - 5/10
Jock of the Bushveld is 'n stukkie geskiedenis wat redelik getrou vervaardig is, veral as mens die era waarin dit vervaardig is in ag neem. Daar is heelwat gewoontes, uitbeeldings en se^goed wat vandag taboe is. Fokus op die brak en eienaar en vergeet 'n oomblik van die omstandighede (lees politiek). Saam met Bella en Anrich op die bank. Celeste and Jesse Forever - 3/10
Celeste and Jesse Forever is 'n moderne, gesels tjiekfliek wat eintlik maar net te irriterend is. Dalk was ek net te moeg, maar die film het klaaglik misluk om my aandag te behou. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
Hysteria - 6/10
Wel wat kan mens se van Hysteria... Dat mans so simpel kon wees is darem vir jou 'n ding. Wat 'n interessante en toeganklike stukkie geskiedenis wat op 'n baie ordentlike manier aangebied word. Vrouens wees gewaarsku, dis seker Histerie... Saam met Bella op die bank (nie histeries nie, of wel?)
Saturday, March 16, 2013
Argo - 7/10
Argo is heel goed, met 'n lekker spanningslyn. Eenvoudige storie sonder fieterjasies vertolk. Redelike akteur vertolkings en een van die beste Sewentigs periode dramas wat ek nog gesien het. Saam met Bella op die bank.
Sunday, March 3, 2013
Moonrise Kingdom - 8/10
Moonrise Kingdom herinner sterk aan The Royal Tenenbaums maar is dalk so bietjie meer toeganklik vir die hele familie. Later laerskool en op sal dit geniet. Die verhaal is 'n ou soetetjie met 'n ster belaaide rol verdeling. Die vertolkings is baie gepas en lekker tong in die kies. Lekker humoristies en oulik. Kyk gerus. Saam met Bella en Anrich op die bank.
Saturday, March 2, 2013
Cheerful Weather for the Wedding - 5/10
Cheerful Weather for the Wedding is 'n gemiddelde Engelse tjiekfliekie. Dit bevat tipiese droe" humor, met 'n stadige lyn. Ek was redelik moeg, so heelwat stukkies gemis...ai. Bella het dit nogals geniet. Saam met haar op die bank.
Friday, March 1, 2013
The Time Traveller's Wife - 6/10
The Time Traveller's Wife is 'n heel kykbare tjiekfliekie. Net jammer ek het die laaste tien minute of so gemis omdat die vliegtuig begin land het....ai. Oulike konsep van tydreis en die impak om die om jou. Kyk gerus saam met liefie op 'n naweek of Sondagaand. Oppad terug van Greding op SA 265.
Lincoln - 8/10
Wel, een ding moet mens Daniel Day Lewis toegee, hy is een van die beste akteurs in omloop. Sy rol in Lincoln is onvergeetlik. Die fliek raak so ietwat vervelig hier en daar, maar is 'n goeie periode drama. Ek wonder so hier en en daar oor die tipe taalgebruik, veral aan die vloek kant. Ek stel voor jy kyk gerus, maar onthou dit het sterk sentiment en tipiese Amerikaanse onderneming. Ek was nogals teleurgesteld in die uitbeelding van sy moord, het meer verwag. Maar dan handel die fliek oor die dertiende amendement en nie sy moord nie. Oppad terug van Greding op SA 265.
Tuesday, February 26, 2013
Dredd - 5/10
Dredd skep 'n redelike cliché toekoms deur kilometer hoë hoëdigtheidskomplekse in 'n vervalle landskap te plaas. Die fliekie fokus op een toring, met tawwe een-stop wetstoepassers wat mense links en regs teregstel. Die lyn is redelik eenvoudig. Gruwels word kwistig gebruik om daarvoor te probeer opmaak. Mens kan seker sê die film is ten minste getrou aan sy genre. Dredd self probeer soos Batman praat, heel irriterend. Wat wel goed is, is die tegnologie wat terloops gewys word. Moet enige spesiale mag makker se hart laat tjoklits pomp. Op die vlug van Johannesburg na Munich, SA 264.
Sunday, February 24, 2013
Albert Nobbs - 7/10
Albert Nobbs is 'n hartseer ou storietjie met uitstekende vertolkings. Die film was bo verwagting ligter as wat die kassie voorgee... maar dit bly steeds 'n ietwat swaarder tema. 'n Perfekte Sondagaand film. Moet se daar is ook 'n lekker onverwagte opbouende tensie regdeur die fliek. Gaan hulle, of gaan hulle nie weet nie? Saam met Bella op die bank.
Wolwedans in die Skemer - 6/10
Wolwedans in die Skemer is nog 'n baie kykbare Afrikaanse fliek in 'n aangename string van sulkes die afgelope jaar of wat. Redelike spanningslyn, goeie vertolkings, mooi milieu en wolwe.... Saam met Bella op die bank.
Frankenweenie - 7/10
Frankenweenie is Tim Burton op sy beste. Van die mees interessante raam-stop animasie films ooit. Sal vreeslik graag die regte stelle wil sien. Baie goeie stemwerk, met een stem keuse wat baie vreemd is... Die verhaaltjie is die oorspronklike op sy stroopsoetste. Getrou aan die genre. Anrich reken dit is 'n 10 werd. Saam met die familie op die bank.
Sunday, February 17, 2013
Stilte - 6/10
Stilte spreek 'n tema aan wat waarskynlik meer en meer in Afrikaanse flieks gaan voorkom. Pragtige natuur fotografie, redelike spel, hier en daar dalk bietjie geforseerd, maar tog heel kykbaar. Saam met Bella op die bank.
Saturday, February 16, 2013
3,2,1... Frankie Go Boom - 5/10
3,2,1... Frankie Go Boom is 'n redelike snaakse awaregse komedie. Heelwat snaakse situasies, maar wees gewaarsku, redelik vloek en ongemaklike grappe... Moenie saam met ouma kyk nie. Uitstekende vertolking van Ron Perlman, en ook verassende rolverdeling. Saam met Bella op die bank.
Gabe the Cupid Dog - 4/10
Gabe the Cupid Dog is 'n baie klein begroting fliekie, wat as dit dalk met Hollywood begrotings en akteurs gemaak was, dalk nogals oulik gewees het. Die konsep is heel goed, maar dit lyk absoluut na 'n amateur poging. Saam met die familie op die bank.
Sunday, February 10, 2013
Anna Karenina - 8/10
Anna Karenina is in alle opsigte 'n oordryf, maar wel gepas. Dit is oordadig, oorboord, ryk, romanties, visueel, oorstelp, behep, verlief en hatig. Dit draai mens visueel en ouditief, net soos lawwe verliefde paartjies, in 'n milieu wat nog meer so is. Beslis nie toeganklik vir wye gehore nie. Uitstekende toneelspel, met veral die klerke toneel wat treffend herhaal word. Kyk as jy rojaal en vrygewig voel. Saam met Bella in Brooklyn Nouveau, vir ons sestiende huweliksherdenking, na 'n ligte aandete by Brooklyn Tribeca, waar ons al ons geregte gedeel het. Die film was baie gepas, maar dalk nie die tema nie.... ;-)
The Five-Year Engagement - 6/10
The Five-Year Engagement is regte romkom, en staan so ietwat bo gemiddeld in sy klas. Hele paar baie snaakse tonele, kyk veral die ekstra materiaal vir ten minste twee skreeusnaakse tonele. Lekker Vrydag of Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.
The Seven of Daran: Battle of Pareo Rock - 5/10
The Seven of Daran: Battle of Pareo Rock is interessant in die dat hulle Pretoria en stukke van Namibie gebruik het vir die verfilming. Verder maar vir die jongklomp bedoel, so middel laerskool sou ek reken. Saam met die familie op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)

















