Hollywood in my Huis is redelik vir die genre, maar dalk eerder 'n tjiekfliek as familie vermaak. Anrich het dit nie lank gemaak nie. Baie ligte vermaak. Saam met Bella op die bank.Friday, September 25, 2015
Hollywood in my Huis - 6/10
Hollywood in my Huis is redelik vir die genre, maar dalk eerder 'n tjiekfliek as familie vermaak. Anrich het dit nie lank gemaak nie. Baie ligte vermaak. Saam met Bella op die bank.Thursday, September 24, 2015
Listen Up Philip - 1/10
Ek het die eerste 10 minute van Listen Up Philip hard probeer om nie te slaap nie, die volgende 10 minute heerlik gesluimer, en toe besluit hierdie is regtig net tydmors. Dit is 'n swak Hollywood kunsfliek poging, met 'n nog swakker keuse vir derdepersoons stemkunstenaar, selfs as dit as parodie bedoel was. Werklik op eie risiko, saam met Bella op die bank.Monday, September 21, 2015
Beautiful Creatures - 4/10
Beautiful Creatures is maar 'n flou poging, ten spyte van die redelike rolverdeling en vertolkings. Wat dit in die steek laat is die swak lyn en na-aap van die Twilight trilogie (nie dat ek hulle gekyk het nie). Vermy dalk eerder, veral omdat dit lyk of die opvolg films nie die rol gaan haal nie. Sunday, September 20, 2015
Entourage - 5/10
Ek is seker dit gaan erger in lala-land as wat Entourage uitbeeld. Die fliek is redelik, met 'n komiese element. Wees gewaarsku, taalgebruik en ander. Daar is heelwat kameerolle en baie skerp film verwysings. Mal oor die karre, veral die een op die film se plakaat. Saam met Bella op die bank. Page Eight - 6/10
Ek en Bella het hierdie trilogie heeltemal in die verkeerde volgorde gesien, eers Turks and Caicos (2), toe Salting the Battlefield (3), en toe Page Eight (1). Ai. Dit sou dalk beter gekyk het in die korrekte volgorde. Desnieteenstaande heel verteerbare Briste spioenasie drama met redelike rolverdeling. Ek het die meeste van die tweede een gehou, wat dan ook die meer komplekse lyn het. Saam met Bella op die bank. Salting the Battlefield - 6/10
Laaste van 'n trilogie Briste spioenasie dramas. Het dit ongelukkig in die verkeerde volgorde gesien. Nie te sleg nie, wel beter as wat 'n Amerikaanse eweknie sou wees. Saam met Bella op die bank.HairBrained - 5/10
HairBrained is 'n Hollywood poging tot nie-hoofstroom kunsflieks. Dit slaag gedeeltelik, want van die vertolkings is te bewus "anders". Dit bevat darem redelike komiese elemente, so die fliek is tog kykbaar. Dit het seker ook 'n lewenslessie of twee. Saam met Bella op die bank.Mad Max: Fury Road - 4/10
Kyk, visueel gewys is Mad Max: Fury Road uitstekend. Dit stel egter teleur in terme van lyn en effek. Hierdie film lyk dan ook soos een of ander verbeeldingsvlug met 'n mengsel van elemente wat nie heeltemal pas nie. Dit is beslis in 'n ander trant as die oorspronklike Mad Max reeks. Ek weet nie, van die elemente is selfs lagwekkend, veral die kitaarman... Op die vliegtuig terug van Munich na Johannesburg.Thursday, September 17, 2015
Sin City: A Dame to Kill For - 8/10
Genre gewys is Sin City: A Dame to Kill For sekerlik een van die bestes. Die elemente werk net alles saam, die donker, monochrome beelde, aweregse humor, amper donker, sensuele silhoeëtte, Ek hou dan ook meer van hierdie een as die vorige Sin City. Die vertel tegniek skakel van karakter na karakter wat die film meer dimensies gee. Puik vertolkings en rolverdeling. Het dit op die vliegtuig terug van Munich na Johannesburg gekyk. The Knick, Seisoen 1 - 7/10
Die aantal kwaliteit periode drama reekse raak net te veel om te kyk. Hierdie een, waarvan ek nog net episode 1 gekyk het, lyk baie belowend. Sal beslis verder kyk, weet net nie wanneer nie... Alleen eers in Greding, tydens 'n werk trippie. Tuesday, September 15, 2015
The World According to Garp - 6/10
Mens moet nogal sterk voel oor sosiale kommentaar, want hierdie film val vreemd op die oog vanuit 'n vermaak perspektief. Ek sou nie dit as vermaak klassifiseer nie. Wat wel al meer vir my tragies raak is dat ons al minder van Robin se materiaal gaan sien. Ons kyk juis stadig en snoep aan The Crazy Ones. Die film is dan ook nogals tragies, met hier en daar komiese elemente. Kyk gerus, maar nie ligte materiaal nie. Saam met Bella op die bank.Madame Bovary - 6/10
Wel, weereens 'n puik periode drama, maar ongelukkig werk die vroulike hoofrol vertolking nie. Die res van die vertolkings is gepas en goed. Nogals 'n treurige verhaaltjjie, regte tjiekfliekland. Saam met Bella op die bank.Masters of Sex, Seisoen 1 - 7/10
Master's of Sex klink so bietjie erger as wat dit is, maar het tog so kinkel of twee wat seker sou kon aanstoot gee vir 'n sekere gehoor. Ek hou baie van periode dramas, en hierdie een is getrou aan die era. Die openingstoneeltjie van elke episode is nogals interessant... Kyk gerus as jy meer oopkop voel oor reekse. Die vertolkings is baie goed en uitbeeldings alles gepas. Saam met Bella op die bank.Pitch Perfect - 5/10
Pitch Perfect is goed, maar ek het meer van die tweede een gehou. Soos die Step Up flieks kan ek moeilik verklaar waarom ek van hierdie hou, dit werk net vir my lekker. Lig, ontspanne, humor, en stemkunsies. Saam met Bella en Anrich voor die TV terwyl ons lekker Lego bou.Monday, August 24, 2015
Pitch Perfect 2 - 6/10
Ek het heeltemal iets anders verwag. Pitch Perfect 2 is nogals die moeite werd, met baie indrukwekkende acapelle stukke, veral die Duitse Das Sound Machine (die motor advertensie snit is uber koel). Ek sal nou graag Nommer 1 wil sien. Het dit gekyk terwyl ek saam met Anrich Lego op die vloer gespeel het. Bella het ook weer saam gekyk.Minority Report, Seisoen 1 - 5/10
Hierdie as TV reeks het sekerlik potensiaal, veral met die nuwer tegnologie wat hulle kan vertoon. Sal dit nog 'n episode of wat kans gee, die debuut episode was redelik. Saam met Bella op die bank.She's Funny That Way - 4/10
She's Funny That Way is een van daai flieks met 'n indrukwekkende rolverdeling, maar nie die nodige styl, plot of dialoog om dit te red nie. Hierdie is dan 'n flouerige poging tot 'n namaaksel van 'n tipiese Woody Allen komedie, nogals boonop in New York self. Selfs die ou groot appel speel nie 'n bydraende rol nie. Daar is nogals snaakse tonele, en Owen slaag tot 'n mate om sy rol te laat werk, maar die res laat hom in die steek. Kyk gerus, dit is nie so power nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 22, 2015
What If - 6/10
What If voel anders as meeste fliekies in hierdie genre, daarom 'n beter as gemiddeld. Dit is Kanadees, lig, en het 'n paar baie snaakse tonele. Ek vermoed hierdie is 'n meer tjiekfliek een as wat die deursnit manlike fliekganger sal kan hanteer. Saam met Bella op die bank.
Wednesday, August 19, 2015
Proof, Seisoen 1 - 6/10
Proof lyk glad nie sleg nie, dit het 'n rustige pas en 'n rtedelike styvolle gevoel. Sal ten minste nog 2 episodes kyk, maar aan die ander kant is daar net 10 in die reeks, Saam met Bella op die bank.Monday, August 17, 2015
The Age of Adaline - 8/10
Bittersoet tjiekfliekie, maar dan ook 'n ligte wetenskapfiksie tjiekfliekie. Soos Bella ook reken, 'n kwaliteit voorbeeld vir 'n slag. Age of Adeline het 'n klassieke gevoel in 'n hedendagse milieu. Dit neig na die Veertigers, my gunsteling era, maar speel nie regtig in daardie tyd af nie. Dit het ook 'n onderspeelde gevoel, wat versterk word deur die derdepersoonsverteller. Kyk gerus op 'n rustiger aand, moet nie tempo of aksie verwag nie, en dan het dit boonop 'n stroopsoet einde. Nogals 'n verassende rolverdeling vir ou Harrison Ford. Saam met Bella op die bank.Mission: Impossible - Rogue Nation - 8/10
Dit is min dat 'n opvolg fliek so goed kan wees, maar hierdie uitgawe van Mission Impossible is werklik sappige vermaak. Dit kyk lekker, met die perfekte balans tussen die verwagte elemente van so film. Saam met Franko by die nuwe-ou Zambezi Mall teaters, terwyl Bella en Anrich Suzi se fliek gekyk het. While We're Young - 4/10
Ek het iets anders verwag, maar While We're Young was nie so sleg nie. Dit maak nogals redelike raak sosiale kommentaar, maar daar is heelwat komiese situasies wat nog snaakser kon wees om die harde werklikheid van sosiale verhoudings te versag. Meeste sosiale floppe is maar 'n gevolg van gretigheid, in verskeie soorte opsigte. Alhoewel ek dit as tjiekfliek klassifiseer is dit dalk nie 100% een nie. Redelike vertolkings, maar die jong paartjie kon beter gekies gewees het. Die fliek is nie bevonk genoeg nie. Saam met Bella op die bank.Age of Ice - 2/10
So paar komiese tonele, maar wat ernstig bedoel was, red hierdie fliek van 'n gewisse 0 of 1. Ek is nou redelik op vir sulke swak ou fliekies in ons arsenaal, so kort na hierdie een het ek Bella 'n reinigings stap geneem... Hopelik is die die laaste regtige flou fliek. Saam met Bella en Anrich op die bank.Thursday, August 13, 2015
The Hunger Games: Mockingjay - Part 1 - 5/10
Hulle het nogals die tema van die fliek met The Hunger Games: Mockingjay - Part 1, heelwat verander. Dit is nie meer Hunger Games nie. Die fliek kyk heel goed, en het, soos verwag, 'n baie stomp einde. Kyk self en besluit,Hot Pursuit - 5/10
Hot Pursuit is regtig baie lig, met 'n paar baie snaakse tonele. Mens sou dit as 'n tjiek-aksie-fliek kon klassifiseer. Redelike breinlose vermaak vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die bank.Pixels - 8/10
Monday, August 3, 2015
Suite Française - 9/10
Suite Française is vir 'n slag 'n ordentlike tjiekfliek. Dit is sensitief, sag soos wat 'n Tweede Wereldoordlog milieu kan wees, puik vertolkings en perfekte pas. Die wreedheid van oorlog word sagter uitgebeeld, maar dan met 'n skerp herinnering aan die wisselvalligheid van optrede. Die groot liefde is dan ook oor 'n ontmoontlike brug, wat nie steur aan gemeenskap of mag nie, en wat dan ook optredes sonder skynbare rede laat vloei. Die film het 'n einde, nou ja, Frans & kuns gemeng behoort jou 'n idee te gee. Dan besef mens dit alles is gebaseer op 'n ware verhaal, wat dis soveel meer merkwaardig maak. En nog meer tragies as wat mens kan dink. Ai. Die liefde oorwin. Alles. Ek dink hierdie film in 'n ordentlike teater met 'n gepaste ete daarna sal 'n besliste wenner wees. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 1, 2015
Alles Wat Mal Is - 6/10
Alles wat Mal Is is 'n redelike fliekie met die nodige humor en oormatige aanslag op die gewone mens se daaglikse roetine. Eindig heel gepas. Kyk gerus, dis nie so sleg vir 'n Afrikaanse film nie. Saam met Bella op die bank.Thursday, July 30, 2015
Far from the Madding Crowd 2015 - 8/10
Far from the Madding Crowd is 'n stadige, behoorlike tjiekfliek met regte 'n tjiek spanningslyn. Die aangewese verlorene is so onbeholpe in sy emosionele reaksie, dit dryf die meeste tjieks teen die dak uit. En dan, die einde wat almal van hulle nie voor kon wag nie. Kyk gerus, die milieu is om van te droom, die era verlore, die helde en here pynlik manierlik. Saam met Bella op die bank.Die Spook van Uniondale - 7/10
Sjoe, die Karoo is mooi as hy groen is. Die filmpie het nogals 'n verassende slot. Ek dink dit eindig dan ook heelwat anders as wat die meeste wat die staaltjie ken, verwag het. Kyk gerus, dit is heel goed vervaardig met redelike vertolkings. Saam met Bella en Anrich op die bank.Insurgent - 6/10
Ek het meer van Detergent, aag ek bedoel, Divergent gehou. Hierdie een is so ietwat futloos hier-en-daar. Nog steeds beter om te kyk as van die ander goed op die rak. Saam met Bella op die bank, die manne het nie juis belang gestel nie. Sunday, July 19, 2015
The Messengers, Seisoen 1 - 5/10
The Messengers herinner sterk aan destydse Touched by an Angel, maar is beslis nie dieselfde tipe reeks nie, oftewel, nie na aanleiding van die eerste episode nie. Sal dit nog so kans of wat gee, al herinner dit ook aan Under The Dome, wat na die tweede seisoen in 'n flou sepie ontaard het... Op SA204 begin kyk. Ek het net die eerste 90% gesien, na die laaste 10% besluit om hierdie maar eerder te los.
Killjoys, Seisoen 1 - 3/10
Cinderella 2015 - 7/10
Hierdie nuwe weergawe van Cinderella is baie gepas vervaardig en voel amper soos outydse animasie. Die film is baie kykbaar, ek het dit nogals geniet, selfs op die simpel klein skermpie op die vliegtuig. Goeie vertolkings, regdeur, behalwe die twee simpel stief susters, nogals irritered... Tussen JFK en ORT op SA204.Avengers: Age of Ultron - 7/10
Lekker, in Avengers: Age of Ultron is dit Avengers teen Reddington! Wat 'n aangename verassing, met aanhalings presies soos my gunsteling superspioen. Ongelukkig kon ek nie klaar kyk nie, maar ek vermoed dit is in elk geval op die punt waar die lyn uitrafel in een lang finale geveg tussen robotjies en superhelde. Op SA203 oppad van Johannesburg na Boston. Het dit saam met die familie op die bank klaar gekyk 18 Sep 2015. Chappie - 7/10
Chappie het nogals swakkerige resensensies ontlok, swak terugvoer vanuit verskeie oorde. Maar ek het dit meer geniet as District 9. Dit voel minder grim, veral met Die Antwoord se Yolandi se oenskynlike naiewe aanslag. Mens kry amper die boewe eerder jammer as enige iemand anders. Maar vrek, hulle beeld Transvalers as double-keb, geweer-mal, khaki-twee-kleur buffels uit... Op SA203 van ORT na JFK. The Astronaut Wives Club, Minireeks - 7/10
The Astronaut Wives Club is nog 'n periode drama in van die interessanter Amerikaanse geskiedenis. Alhoewel minder tegnies as Manhattan is dit steeds baie kykbaar, selfs vir 'n ingenieur. Saam met Bella op die bank.Jonathan Strange & Mr Norrell, Seisoen 1 - 7/10
Ek het nou maar net 'n swak vir periode stukke, dus is Jonathan Strange & Mr Norrell 'n sappige reeksie, aangesien dit boonop oor die kulkunste handel. Dit is 'n minder donker reeks as Penny Dreadful, met so subtiele tong-in-die-kies gevoel. Sal beslis verder kyk as dit aanhou soos episode 1 weggespring het. Het dit op 'n vlug tussen JFK en ORT begin kyk, SA204.Aag nee wat, het na episode 3 opgegee, het te donker geraak. Nog 'n Penny.
Sunday, July 12, 2015
Inside Out 3D - 8/10
Inside Out 3D is uitstekend, veral as mens 'n boek soos Your Brain at Work gelees het. Ek dink van die komplekse brein funksies soos abstrakte denke gaan ietwat verlore op die jongspan, maar dan is daar genoeg animasie pret vir hulle ook. Hierdie fliekie is 'n moet kyk vir alle ouderdomme, 6 tot 106.Saam met Anrich by Kolonnade in 3D.
Woman in Gold - 6/10
Woman in Gold is gebaseer op ware gebeure, dus is dit nie vreemd dat dit bietjie stadig beweeg nie. Mens verwag so half die uitkoms, anders sou hulle nie die moeite van 'n fliek maak aangegaan het nie. Nog steeds iets wat mens kan kyk, moet net nie te veel aksie en spanning verwag nie. Goeie vertolkings. Saam met Bella op die bank.Humans, Seisoen 1 - 7/10
Humans laat mens nogals 'n kriewel in die rug kry. Die drempel van gemak met outomate, daardie amper-menslike optrede, dit alles laat mens lont ruik. Ons is nou eers by episode 2, so nog nie seker waarnatoe die lyn opbou nie, maar opbou is dit besig... Saam met Bella op die bank.The Second Best Exotic Marigold Hotel - 7/10
The Second Best Exotic Marigold Hotel is 'n baie goeie opvolg vir die eerste, maar kort die nuwigheid daarvan ook. Mens geniet steeds die karakters, met goedvoel storie materiaal. Saam met Bella op die bank.American Sniper - 7/10
American Sniper is baie goed gemaak, beslis nie vermaak nie, met 'n toneel of wat, wat taamlik ontstellend is. Nie aan te beveel as jy nie van oorlog flieks hou nie, baie skiet en realistiese tonele. Saam met Franko op die bank, Bella wou nie kyk nie.The Crazy Ones, Seisoen 1 - 6/0
The Crazy Ones lyk taamlik belowend vir kort komiese onderbreking, maar dit is jammer dat die reeks sonder Mr Williams sal moet aangaan. Tipiese platform vir sy talent. Saam met Bella op die bank.Plastic - 6/10
Plastic is ietwat amateuragtig, maar met 'n beter tweede helfte. Die rolverdeling kon ook beter gewees het. Tipies van Britse films in hierdie genre is maar baie vloek. Ai, dit oorheers te veel en is duidelik van 'n ernstige gebrek aan kreatiwiteit. Wat nog onrus veroorsaak is die gemak waarmee kredietkaarte gebuik kan word, en dat dit op werklike gebeure gebaseer is... Saam met Bella op die bank. Danny Collins - 5/10
Danny Collins is 'n tipiese Hollywood kunsfliek poging. Dit poog diepte maar met Hollywood sentiment en vertolkings van akteurs wat dit maar net nie kan regkry om buite hulle cliche karakters te kan beweeg nie. Redelik gemiddelde uitkomste. Daar is egter een ligpunt vir hierdie fliekie, en dit is die term "Busywork". Sal dit altyd met 'n glimlag gebruik in gewone omstandighede... Saam met Bella op die bank.Mr. Robot, Seisoen 1 - 6/10
Mr. Robot is waarskynklik die beste kuberkraker reeks in omloop, maar beslis nie sonder gebreke as vermaak of waarskuwing nie. Dit is uiteindelik 'n bietjie donker as reeks. Sal nog besluit of ons hierdie verder gaan volg. Het tot by episode 3 gekom en besluit om maar eerder op te gee. Saam met Bella op die bank.The Movember Man - 6/10
The November Man is nie te slegte spioenasie aksie nie, maar dan ook nie noodwendig anders of uniek nie. Dit het 'n redelike spanningslyn en geloofwaardige gebeure omdat dit aan aktuele sake gekoppel is. Saam met Bella op die bank.Thursday, July 9, 2015
Paul Blart: Mall Cop 2 - 6/10
Paul Blart: Mall Cop 2 is redelik gemiddelde komedie, maar met 'n nogals snaakse tweede helfte. Daar is 'n Superman duik wat enige brawe man sal laat huil. Saam met Anrich en Bella op die bank, Franko is weg op die Sabie landloop kamp.San Andreas Quake - 4/10
San Andreas Quake is 'n lae-koste fliekie, maar tog kykbaar op 'n manier. Die seekoei toneel is nogals snaaks agv die lae-koste grafika en interpretasie... Besluit maar, maar ek stel eerder iets anders voor. Saam met Anrich en Bella op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)


