Madame is lig, maar ook pynlik realisties. Dit is heerlik met 'n skreeuende misverstand, en dan eg Europees aan die einde. Die milieu en rolverdeling en vertolkings kon nie beter nie. 'n Ware vervanging van tipiese Woody Allen films sonder die irritasies. Kyk die fliek. Saam met Bella op die bank.Sunday, March 24, 2019
Madame - 7/10
Madame is lig, maar ook pynlik realisties. Dit is heerlik met 'n skreeuende misverstand, en dan eg Europees aan die einde. Die milieu en rolverdeling en vertolkings kon nie beter nie. 'n Ware vervanging van tipiese Woody Allen films sonder die irritasies. Kyk die fliek. Saam met Bella op die bank.Saturday, March 23, 2019
The Disaster Artist - 6/10
The Disaster Artist is beslis connioseur materiaal, nie vir die ligte fliekganger bedoel nie. Dit is 'n fliek oor 'n fliek wat gemaak word, deur 'n effens verwaande. Maar, dan is dit gebaseer op ware gebeure met parallel film snitte aan die einde wat die akkuraatheid van die vertolkings ten toon stel. Die humor is gebaseer op die absurdheid van situasies, dus nie skreeusnaaks nie, eerder tragies. Die twee Franco stemme raak net te veel, hulle intonasies is te dreunend dieselfde, eentonig aanmekaar. Die vertolkings is egter raak en gepas, dalk so bietjie oorspeeld aan die hoofrol se kant. Net vir volbloed kunskring gangers bedoel. Dit is nogals indrukwekkend vir iemand in Lala-land om so onder die Wikipedia radar te kan beweeg.... Saam met Bella op die Bank.Friday, March 22, 2019
Stan & Ollie - 6/10
Stan & Ollie is 'n sagte, deernisvolle kykie na twee karakters wat sekerlik Amerikaanse slapstick eiehandig gedefinieer het. Die name Laurel en Hardy het in verskillende tale sinoniem geraak met grappies, hegte vriendskappe (veral waar twee manlike vriende lank en kort is of baie verskillend lyk), poetsbakkery en sommer net onnutsheid. Die fliek steek 'n paar grap-juweeltjies weg in die gewone dialoog wat mens van die twee narre sou verwag. Die fliek fokus nogals op hulle benadering en dat hulle eintlik heel anders is as die hals-oor-kop, rowwe, fisiese humor karakture waarmee hulle geassosieer word. Dis eintlik 'n sterk teenstelling, hulle is broos, emosionele siele, kwesbaar. Hierdie film is beslis nie hoofstroom materiaal soos die tweemanskap se mannewales nie, vir die onderskeidende fliekganger bedoel. Die rolverdeling kon nie beter nie, en die periode en milieu getrou uitgebeeld. Saam met Bella op die Bank.Thursday, March 21, 2019
Grisse, Seisoen 1 - 3/10
Grisse lyk belowend, maar as die loodsepisode so stadig beweeg gaan die res maar ook wees. Dit is rondom interessante geskiedenis, maar voel net te amateuragtig. Gaan nie die tyd spandeer nie, het die eerste episode so driekwart gekyk. Saam met Bella op die bank.Holmes & Watson - 2/10
Holmes & Watson lyk of dit baie snaaks kan wees, veral aan die begin, maar verval dan in taamlike flou grappe. Die onder die belt grappe raak dan ook minder snaaks en net ongemaklik. Dis jammer dat met hierdie tema en sterk rolverdeling tyd en geld en potensiaal so gemors word. Het sowat die helfte gekyk en toe moed opgegee. Saam met Bella op die bank. Anrich het na sowat 30 minute moed opgegee, Franko heelwat gouer.Wednesday, March 20, 2019
Spider-Man: Into the Spider-Verse - 7/10
Spider-Man: Into the Spider-Verse is onverwags vars. Die animasie voel by tye eerder werklik, en mens vergeet eintelik gou in die film dat dit animasie is. Die flikie bly vermaaklik en voel geensins lank of uitgerek nie. Heelwat beter as die laaste mens weergawe van die spinnekopmanne, Saam met Bella en Anrich op die Bank.Sunday, March 17, 2019
Aquaman - 5/10
Aquaman is maar gemiddelde (onder en bo! water supersterk helde) mateiaal. Die grafika is soos te verwagte die film se enigste sterkpunt. Die storielyn is vol cliche's met 'm tipiese Hollywood verloop. Nie te sleg as Vrydagaand vermaak nie. Saam met Bella en Anrich en Franko op die Bank.Saturday, March 16, 2019
The Man Who Killed Hitler and Then The Bigfoot - 5/10
The Man Who Killed Hitler and Then The Bigfoot laat mens wonder oor die genre waarvoor dit mik. Ten minste kom mens gou agter hoe die twee tydlyne in mekaar steek. Op die ou einde is die lang, komplekse titel 'n metafoor vir die ou oorlogveteraan se saai bestaan in 'n plattelandse Amerikaanse dorpie - wat op die oogaf idillies lyk. Die titel verwys dan ook na sy interne en eksterne struwelinge tydens hierdie saai oorlewingstryd. Sy verwerking van die oorlog gebeure lei tot 'n ligte drankprobleem (interne probleem), en hy kan dan ook die eerste eksterne struweling met gemak in sy guns draai. Maar dan raak 'n eksterne monster 'n metafoor vir die oorlog en Bigfoot 'n magiese interne monster. Beide hierdie monsters is oortreffende trap voorbeelde, wat hy dan ook oorwin. Alles klink wonderlik, maar die film bereik nie die glans van die titel en die rolverdeling nie. Saam met Bella op die Bank.Friday, March 15, 2019
Wild Target - 5/10
Wild Target is 'n baie ligte fliekie soveel so dat dit meer na die tjiekfliek klas leun. Die rolverdeling is nogals sterbelaaid, met 'n mate van oordrewe vertolkings. Dit is 'n komedie, maar nie skreeusnaaks nie. Sou baie goed op 'n Sondagaand ook kon werk. Die vroulike hoofrol vertolking is nogals liplekker verleidend. Saam met Bella op die Bank.Wednesday, March 13, 2019
Captain Marvel - 8/10
Captain Marvel is 'n tonekrul lekker superheld fliekie. Dit verklaar heelwat van ander karakters en die superheld heelal. Sentimentele verwysings na die tagtigers, insluitende musiek en vermaak. Glad nie lang uitgerekte gevegstonele nie, eerder kort en vol humoristiese oomblikke. As daar nou een superheld film is wat tjiekfliek vriendelik is, is dit hierdie een. Saam met Franko en Anrich by Zambezi Mall. Saturday, March 9, 2019
I Hate Kids - 1/10
I Hate Kids is 'n tipiese lae begroting, Amerikaanse Hollywood reseppie, met erge cliches. Ag nee wat, moes moed opgee na sowat 10 minutes. Saam met Bella op die Bank.Replicas - 0/10
Replicas is erg amateurgagtig en oppervlakkig, soveel so dat ons nie eers 10 minute kon maak nie. Ai. Saam met Bella op die Bank.Friday, March 8, 2019
Agatha and the Truth of Murder - 6/10
Agatha and the Truth of Murder het 'n sterk Dowton Abbey en Cluedo gevoel, met 'n sterk rolverdeling en milieu. Hierdie interpretasie van hoekom sy moontlik vir 10 dae vermis was tydens haar egskeiding, is 'n vermaaklike, lekkerkyk opsie. Die perfekte Sondagaand tjiekfliek. Saam met Bella op die Bank.Sunday, March 3, 2019
Green Book - 8/10
Vir 'n slag is daar darem 'n Oscar-bekroonde fliek wat lekker kyk. Green Book hanteer op 'n sensitiewe - maar seker ook onsensitiewe manier - beide kante van rasisme, maar met 'n humoristiese invalshoek. Die film hanteer dan ook eerder bevooroordeeldheid as rasisme, Dit is die perfekte Sondagaand materiaal, mens voel sommer (amper) lus vir die week (of nie!?). Saam met Bella op die bank.Saturday, March 2, 2019
Mortal Engines - 5/10
Mortal Engines is redelike kyk materiaal. Dit het 'n baie kreatiewe milieu maar met die gewone cliche lyn. Ek het groot stukke geslaap, dit kon my nie wakker hou nie. Saam met Bella en Anrich en Franko op die bank.Friday, March 1, 2019
Slaughterhouse Rulez - 6/10
Slaughterhouse Rulez is nogals 'n snaakse grilfliekie, tipies in die Britse styl, nie Hollywoods nie. Skerp gespot met die gewone ril-cliches. Gepaste Vrydagaand ontspanning. Die rolverdeling is nogals sterk en gepas, met net genoeg oorspeelde vertolkings. Saam met Bella op die Bank.Thursday, February 28, 2019
Deadly Class - 6/10
Deadly Class het net die regte dosis donker, geweld en strokiesprent mengsel. Die vertolkings is baie meer geloofwaardig as byvoorbeeld die flouerige pogings in Runaways. Sterk noir gevoel gemeng met moderne strokie-styl. Saam met Bella op die bank.Sunday, February 24, 2019
Mary Queen of Scots - 6/10
Mary Queen of Scots is definitief beter as The Favourite. Goeie rolverdeling, sterk vertolkings, dalk met so paar histories onakkuraathede, maar gepaste milieu. Die kostuumwerk is puik, maar hier en daar dalk te modern. Wat ek wel seker van is, is dat die mense daardie tyd meesal baie meer onaantreklik was as hierdie spannetjie saam. Die manne se baarde en hare was nie so glad en netjies nie, en die dames dalk nie so fyn nie.... Die lyn is ten minste kykbaar, maar voel so bietjie lank op plekke. Nog steeds 'n connoisseur keuse en dalk meer vir die dames as vir die mans. Saam met Bella op die Bank. Friday, February 22, 2019
Instant Family - 4/10
Instant Family is beslis tipiese Hollywood, cliche, sentimentele en oordrewe materiaal. Die vertolkings is oormatig oordrewe, soveel so dat mens probeer om dit te ontwyk tydens die film. Ten spyte van alles, het die fliekie versteekte hart, dalk omdat dit op ware gebeure gebaseer is. Dit is ten minste tot 'n mate vermaaklik en snaaks, met 'n redelike rolverdeling. Kyk maar as daar niks anders is nie. Saam met Bella op die Bank.Saturday, February 16, 2019
The Favourite - 5/10
The Favourite is nogals ver links op die connoisseur skaal. Hierdie interpretasie van die Engelse hof lyk te veel na die Franse een, te oordrewe vir die stywe bolip Britte. Ek is redelik oortuig hulle het nie sulke uitbarstings en skielike bewegings gehad nie. En ook nie sulke kinderagtige geniepsighede nie. Die interpretasie voel ook dan te modern, kyk moeilik en is by tye geneig om te verveel. Die bollens kameraskote, stadige-raam sekwense verwar eerder as om 'n verlangde effek te bereik. Aag nee wat, al weer teoretiese Oscar materiaal wat die sous nie werd is nie. Saam met Bella op die bank.Liewe Lisa - 3/10
Liewe Lisa is, nou, ja, wel, amateuragtig volgens Bella. Die rolverdeling en vertolkings is glad nie sterk genoeg nie. Ten minste is dit gedeeltelik in Stellenbosch geskiet. Bella het dit by Capitol Cinema, Zambezi gesien terwyl ek en Franko Alita: Battle Angel daar gekyk het.Alita: Battle Angel - 7/10
Alita: Battle Angel herinner sterk aan 'n kombinasie van Speed Racer, Tron, Avatar en Transformers. Die fliek kyk maklik grotendeels te danke aan die vroulike hoofrol interpretasie en vertolking, ondersteun deur 'n gepaste rolverdeling. Saam met Franko by Capitol Cinema, Zambezi, terwyl Bella Liewe Lisa daar gekyk het. Friday, February 15, 2019
Rome, Seisoen - 6/10
Rome voel ietwat amateuragtig veral oor die plastiek rekwisiete en opsigtelik nagemaakte kostuumwerk. Die rolverdeling is verdeeld, sterk aan die kant van die manne, maar flou aan die ander kant. Dis nogals jammer, want ek is oortuig die dames het dinge redelik gedryf in ou Rome. Die lyn is ook verdeeld, geskiedenis gemeng met sepie. Sal dit nog 'n eposide of wat kans gee, maar dit het nie gehelp nie, die sepie-gevoel het net vererger. Saam met Bella op die Bank.Friday, February 8, 2019
Robin Hood (2018) - 4/10
Hierdie moderne interpretasie van Robin Hood verveel tot die dood toe met 'n swak rolverdeling, swak milieu, swak vertolkings. onvanpaste kostuumwerk en flou lyn. Ek het die eerste 35 minute gemaak. Saam met Bella en Anrich op sy rekenaar, terwyl Franko party en onthaal het. Sunday, February 3, 2019
Brexit: The Uncivil War - 7/10
Brexit het 'n sterk dokumentere gevoel, en met die tipiese praat vertolkingstyl van Benedict Cumberbatch. Mens kan sekerlik van verskeie hoeke die film afmaak as 'n wanvoorstelling van die eintlike gebeure en feite, maar hierdie maak steeds baie interessante kykstof. Wat dalk wel waar is, is dat die gepeupel net meer geprogrammeer word as wat mens vermoed.Die film beskryf ook die Suid Afrikaanse politieke bestel gepas:
It is unsophisticated, uncivilised and unkind.
Saam met Bella op die bank.
Saturday, February 2, 2019
The Man Who Killed Don Quixote - 4/10
The Man Who Killed Don Quixote is beslis nie hoofstroom materiaal nie. Dit is erg deurmekaar en raserig en mallerig. Mens raak heeltemal verward tussen realiteit, skynwerklikheid, toneelspel, verbeeldingsvlugte en terugflitse. Dit het egter 'n gepaste en sterk rolverdeling, wat tegnies korrek is, maar die kyker eintlik sonder iets los. Moet dit vermaak wees, 'n drama, 'n indikasie van die futiliteit van die lewe? kuns? Nugter weet alleen en almal is gesuip! Saam met Bella op die Bank.Friday, February 1, 2019
Your Highness - 2/10
Your Highness is wild onder die belt, skurf en taamlik snaaks. Dit het nogals 'n opmerkende rolverdeling vir so tipe fliek. Dit dryf die spot met sprokies en sulke cliches, maar sonder enige skaam of skroom of heilige koeie. Wees gewaarsku. Saam met Bella op die Bank voor die kaggel by Critchley Hackle. Killing Season - 5/10
Killing Season lyk na 'n redelike fliek, maar ek en Bella was net nie lus vir die martel tonele nie... Het so kwartpad moed opgegee. Dalk kon hulle ook erder 'n Serbiese akteur geberuik het? By Critchley Hackle op die Bank voor die Kaggel, saam met Bella. Saturday, January 26, 2019
The Nutcracker and the Four Realms - 5/10
The Nutcracker and the Four Realms het glansryke (opulente?) grafika, kostuumwerk en karakters, maar het geen hart nie. Die teikengehoor is onduidelik, die lyn net te eenvoudig, maar tog nie 'n slegte idee nie. Alles is perfek, dit werk egter net nie. Dalk is dit die swakker rolverdeling, dit voel net nie oortuigend nie. Saam met Bella op die Bank.Friday, January 25, 2019
Les Misérables, Minireeks - 6/10
Les Misérables maak in die eerste episode gereed vir groot swaarkry. Mens sien dit sommer kom. Kostuum en milieu korrek, maar met Brits as die taal, geen poging tot Frans nie. Lyk beslis die moeite werd as 'n kort reeks. Saam met Bella op die Bank.Saturday, January 19, 2019
The Girl in the Spider's Web - 5/10
The Girl in the Spider's Web het 'n papperige rolverdeling, met die hoofrol taamlik onvanpas. Dit voel baie lank, maar tog is dit redelike Saterdagaand vermaak. Beslis nie van dieselfde fanrikaat as die ander films in die reeks nie. Saam met Bella op die bank.Friday, January 18, 2019
A Star is Born - 7/10
A Star Is Born is beslis 'n kragtoer vir beide die manlike en vroulike hoofrolle. Dit is harde werk en talent wat vertoon word. Dit voel egter of die manlike leidende rol net te een-dimensioneel is, met beperkte karakterontwikkeling. Die vroulike rol oor-ontwikkel in 'n metamorfose wat terleurstel. Dit voel dan ook of die film sy hart verloor vir die glinster wereld van plastiek-roem en geld. Dit kyk gemaklik, maar wees gewaarsku, die taal is kru, veral die eerste helfte. Saam met Bella op die bank.Tuesday, January 15, 2019
Homecoming, Minireeks - 6/10
Homecoming het 'n sterk rolverdeling, maar flou loodsepisode. Dit is beslis nie aangrypend nie, maar beweeg mens tog om die tweede episode te wil kyk. Nog heelwat onseker wat die doel agter die storie is, en waarna dit mik. Het na die tweede episode moed opgegee, hierdie maak net glad nie sin nie. Saam met Bella op die Bank.Saturday, January 12, 2019
The Decoy Bride - 5/10
The Decoy Bride is 'n baie ligte, maar sonder pretensie, tjiekfliekie. Romantiese milieu, gepaste rolverdeling en 'n eenvoudige storielyn. Saam met Bella op die Bank.Wednesday, January 9, 2019
The ABC Murders, Seisoen 1 - 6/10
The ABC Murders is 'n drie-episode minireeks. Het ongelukkig nie die eerste episode goed gesien nie, was net te vaak maar kon die res behoorlik volg. Die ontknoping is nie naastenby so kompleks as wat ek verwag het nie, maar dalk was die fokus eerder op die vervaardiging, ongure karakter rol-verdeling en die milieu. Beslis nie vermaak nie. Saam met Bella op die Bank. Sunday, January 6, 2019
The Old Man & the Gun - 6/10
The Old Man & the Gun is 'n baie rustige - soos die hoofrol gepas is - fliekie van iemand wat nooit regtig opgegee het nie. Moet geen aksie, skop, skiet of seks hier verwag nie. Dit is periode korrek met heelwat karakter, milieu en storielyn ekonomie. Losweg gebaseer op ware gebeure. Saam met Bella op die bed by Kimberley Protea (langs die groot gat). Saturday, January 5, 2019
Patrick Melrose, Seisoen 1 - 6/10
Patrick Melrose het 'n briljante hoofrol vertolking, maar val net buite ons idee van ontspanning. Dit is amper soos Sherlock sonder die Sherlock dele. Het die eerste episode deur geswoeg en uiteindelik moed opgegee. Saam met Bella op die bed by Boulder's Beach Lodge. Tuesday, January 1, 2019
London Has Fallen - 3/10
London Has Fallen het swak grafika, veral aan die begin, onoortuigende vertolkings en 'n voorspelbare verloop. Dit was egter nog steeds lekker om dit op die bank in Braeside House te kyk saam met Bella en Anrich en Franko. Sunday, December 30, 2018
Jack Ryan: Shadow Recruit - 5/10
Jack Ryan: Shadow Recruit is 'n baie gemiddelde poging tot die Jack Ryan sage ten spyte van die ster-belaaide rolverdeling. Dit staan beslis terug vir die televisie reeks met minder A-lys akteurs. Desnieteenstaande steeds redelike vermaak vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die bank by Braeside House? (iewers wel in dieselfde vakansie). Wednesday, December 26, 2018
Christopher Robin - 7/10
Christopher Robin is getrou aan die nimlike karaktertjies se verhaal, met 'n uitstaande rolverdeling. Beslis die moeite werd as mens die verhaaltjies oor en oor vir jou kinders gelees het... Ideale Kers vermaak. Saam met Bella op die stoele by Skilpadvlei.Monday, December 24, 2018
The Sisters Brothers - 4/10
The Sisters Brothers lyk veral belowend as gevolg van die sterk rolverdeling maar stel teleur met die heelwat minder sterk lyn, lae karakterontwikkeling, geen beloofde humor (al is die swart of awaregs) en afwesige tong-in-die-kies dryf met die spot. Ons het nie eens die hele fliek klaar gekyk nie, halfpad moed opgegee, Saam met Bella op die Bank by Skilpadvlei. Tuesday, December 18, 2018
Dog Days - 6/10
Dog Days is baie lig, maar baie snaaks. Kyk dit net as jy nie 'n katpersoon is nie, en baie van hondematers hou. Ek het gehoop Lisa gaan meer aandag aan die skerm gee, maar nou ja.... Saam met Bella op die Bank.Monday, December 17, 2018
Fahrenheit 451 - 5/10
Fahrenheit 451 lewer seker sterk kommentaar op realiteits televisie sowel as lees en boeke. Maar dit is asof die karakters en die storie hulself net te ernstig opneem. Dalk te dramaties by tye, wat eintlik so bietjie hierdie swaarder tema 'n onreg aandoen. Saam met Bella op die Bank.A Simple Favor - 4/10
A Simple Favor is maar net simpel, voorspelbaar en regtig saai. Dit probeer te hard om slim, gesofistikeerd en sexy te wees. Dit werk nie ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Dit klassifiseer seker as 'n riller tjiekfliek? Saam met Bella op die bank. Sunday, December 16, 2018
Puzzle - 7/10
Puzzle is 'n stadige kunsfliek tot oorlopens van onderliggende passiewe aggressie emosies. Eintlik is die legkaarte net 'n bysaak of dalk antitese van die eksterne en interne behoeftes van 'n ongewardeerde huisma (houdster?). Kyk as jy sterk voel. Saam met Bella op die bank.Saturday, December 15, 2018
First Man - 7/10
First Man laat mens besef die eerste ruimtereise was nie vir sussies nie. Anders as wat die gewone Hollywood stapel mens laat glo, het alles nie glad en maklik afgeloop nie. Ontberings, erge ongemak en onsekerheid was aan die dag. As jy beplan vir Mars toere, kyk dalk eers hierdie... Saam met Bella op die bank.Sunday, December 9, 2018
The House with a Clock in Its Walls - 5/10
Daar was lanklaas 'n fliek met so lang titel as The House with a Clock in Its Walls. Dit doen die repitasie tot 'n mate gestand met redelike humor, redelike fantasie, en 'n goeie rolverdeling. Maar die film bly redelik en volg net te veel gewone stappe, meganisties. Nie my gunsteling nie. Saam met Bella Franko en Anrich op die bank.Saturday, December 8, 2018
Bohemian Rhapsody - 9/10
Bohemian Rhapsody laat jou voete woel, vingers tik en saam sing in die teater. Die hoofrol kon nie beter vertolk gewees het nie - selfs nie oorlede Freddie sou dit so goed kon nadoen nie. Verskeie vollengte snitte maak hierdie absoluut die moeite werd om te gaan kyk in 'n teater. Saam met Bella by Capitol Cinema.Sunday, December 2, 2018
Venom - 6/10
Venom is uitstekend vervaardig met 'n kragtoer rolverdeling, maar die monsters pas nie by hulle persoonlikhede nie! Daar is meer as genoeg humor in die film om dit meer as kykbaar te maak. Dit is ook nie so gru as wat mens sou verwag nie. Dis nou behalwe vir die kop-af-byt en opvreet per geleentheid... Ook van die laaste Stan Lee kameerolle. FOOD! (dalk is die monsters net eintlik tieners!?). Saam met Bella, Franko en Anrich op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)

