Saturday, June 25, 2022
The Man from Toronto - 6/10
The Man from Toronto het inderdaad 'n meer indrukwekkende titel as wat die film self is. Die fliekie het wel sy oomblikke met 'n paar snaakses daarby toe. Ligte tong in die kies materiaal vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.
Monday, June 20, 2022
Redemption, Minireeks - 6/10
Redemption is 'n redelike Britse prosedurale polisie storie met geloofwaardige vertolkings, rolverdeling, gebeure en milieu. Mens wil dit nogals klaar kyk om agter die kap van die byl te kom. Die ontkoping maak sin, maar mens voel tog bietjie ingedoen. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, June 19, 2022
Julia, Reeks - 7/10
Julia se stem kan ietwat te veel raak, maar haar warmte en hartlikheid oorrompel enige gehoor. Kyk beslis hierdie as jy van haar weet, haar boek gelees het, of haar reeks gekyk het, of die fliek oor haar reeks gekry het. Sy het beslis voluit (volstoom?) geleef en alles met gusto aangepak. Sy was ook lewens groot, fisies teen 1.88m! Saam met Bella op die Bank. Bon Appetit!
Star Trek: Strange New Worlds - 3/10
Dalk het ons verleer om Star Trek te kyk, maar Star Trek: Strange New Worlds is beslis vreemd vervelig. Die intriges en karakters wen beslis nie mens se guns nie. Nie eens die loodsepisode was boeiend nie. Saam met Bella op die Bank.
Black Site - 1/10
Black Site is 'n papperige fliekie met so-so vertolkings. Dit begin heel belowend, maar verval dan vinnig in dodelike cliches. Ons het maar die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.
The Tragedy of Macbeth - 5/10
Dalk as ek Macbeth op skool gedoen het so ek deur hierdie swoeg, maar vir eers het ons The Tragedy of Macbeth gelos. Saam met Bella op die Bank.
The Sunset Limited - 5/10
The Sunset Limited is waarskynlik uitstekend maar die slag het ons nie kans gesien vir so hoe" film nie. Saam met Bella op die Bank.
Greenberg - 4/10
Greenberg het 'n sterbelaaide rolverdeling, maar dalk is dit sy ouderdom wat wys, of net nie ons tipe storie nie. Na sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.
Melancholia - 4/10
Melancholia het aanvanklik na iets kykbaar gekyk, maar binne minute het ons vasgestel dit gaan nie werk nie. Saam met Bella op die Bank.
Father Stu - 4/10
Father Stu het 'n indrukwekkende rolverdeling maar was nie ons koppie tee nie. Het eerder die handskoene ingegooi vir hierdie een. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, June 18, 2022
Cha Cha Real Smooth - 3/10
Cha Cha Real Smooth het 'n aanloklike titel en redelike rolverdeling, maar heelaas, flou vertolkings. Aftog geblaas na sowat 15 minute. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, June 16, 2022
Interceptor - 3/10
Interceptor begin belowend maar verval dan baie skielik in 'n papperige affere. Nee wat, beslis nie klaarkyk materiaal nie. Die vertolkings is eenvoudig nie oortuigend nie. Saam me Bella op die Bank.
Sunday, June 12, 2022
Im Labyrinth des Schweigens (Labyrinth of Lies) - 7/10
Labyrinth of Lies is 'n stylvolle na-oorlog periode drama. Dit wys 'n verassende element wat gebaseer is op ware gebeure. Beslis die moeite werd as geskiedenis jou kos is. Saam met Bella op die Bank.
The Spy Who Never Dies - 3/10
The Spy Who Never Dies lyk erg belowend, maar faal binne die eerste 15 minute. Dit is pap en flou en leeg. Nee wat, gaap. Saam met Bella op die Bank.
Spitfire Over Berlin - 6/10
Spitfire Over Berlin vertel die reeks van tragiese gebeure wat gelei het tot iets wat beide kante nie wou had nie. Die rekenaar grafieka is hier en daar sigbaar, maar die vertolkings sterk en gepas. Die film slaag wel daarin om mens deel van die absolute paniek te maak, veral waar die name deur 'n jong seun gelees word. Saam met Bella op die Bank.
Friday, June 10, 2022
Downton Abbey: A New Era - 7/10
Downton Abbey: A New Era is 'n gepaste afsluiting van die reeks (en vorige film). Vol van die verwagte, met 'n ietwat meganistiese gevoel hierdie slag - afhandeling van 'n saak. Maar steeds iets wat Downton-kykers moet kyk. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, June 4, 2022
Toscana - 6/10
Toscana het 'n sterk onderspeelde trant met 'n besliste Deense minimalisme. Die hoofrol vertolking is vreemderig, maar dit ten spyte voel die film eerlik en hartlik. Alles is nie hier maneskyn en rose nie. Maar goeters werk tog uit soos dit moet. Kyk wanneer jy oop is vir iets anders maar met die verleiding van die Italiaanse landskap, sy mense, en belangriker, sy kos kan saamleef. Saam met Bella op die Bank.
Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore - 3/10
Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore het wel uitstaande grafika, 'n indrukwekkende rolverdeling (wel sonder die trekpleister, Mnr Depp), en 'n fantastiese draaiboek. Heelaas beindruk die hele petalje my ongelukkig glad nie. Gaap. Saam met Bella op die Bank.
The Lincoln Lawyer, Minireek - 6/10
The Lincoln Lawyer is een van die min reekse wat ons so vinnig moontlik klaar gekyk het. Die reeksie slaag daarin om die aandag te behou en die afwagting na die volgende episode te verseker. Die rolverdeling werk en mens kan die uitkoms seker nie heeltemal voorspel nie, maar is tog geloofwaardig. Die milieu dra by as karakter op eie stoom. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, May 29, 2022
The Match - 7/10
Moet nie 'n Hollywood einde met The Match verwag nie. Dit is nie histories 100% korrek nie, maar van die belangrike dele is wel. Goed en geloofwaardig vervaardig. Bevestig die monsters wat oorlog mense maak. Saam met Bella op die Bank.
Top Gun: Maverick - 8/10
Top Gun: Maverick doen gestand aan sy voorganger, al is dit soveel jare later. Die enigste kritiek wat ek kan he^, is die heelwat swakker klankbaan en minder gebruik van die vorige treffers. Moes ons eerste poging laat staan by Kolonnade, al die sitplekke was uitverkoop, maar met die tweede slag kon ons die film te sien kry.
Sunday, May 22, 2022
The Last Bus (2021) - 8/10
Met sy absolute eenvoud oorrompel hierdie ekonomiese verhaaltjie mens. The Last Bus bewys dat aanvaarding, vasberadenheid, eerlikheid, opregtheid en onbevooroordeeldheid 'n ver pad kan gaan, letterlik en figuurlik. Bittersoet. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, May 21, 2022
Anatomy of a Scandal, Minireeks - 7/10
Anatomy of a Scandal druk mens nogals tot klaarkyk (wat is 'n beter term vir binge watch?). Die rolverdeling is gepas, die vertolkings net-net genoeg oormatig en oordrewe, en die lyn grotendeels geloofwaardig. 'n Puik vervaardige minireeks wat beslis die kyk en tyd werd is. Herinner tot 'n mate aan The Undoing, maar hierdie poging is meer stylvol met 'n geloofwaardige, bevredigende ontknoping. Saam met Bella op die Bank.
Fukushima: A Nuclear Story - 7/10
Fukushima: A Nuclear Story het 'n rustige pas, maat skep 'n grim beeld van atoomenergie. Dit voel nie sensaioneel nie, maar dit sal mens self nooit kan vasstel nie. Wel die moeite werd al is dit net vir 'n oorsig van die gebeure. Saam met Anrich op die Bank.
Sunday, May 15, 2022
Operations Mincemeat - 8/10
Operations Mincemeat is tonekrul lekkerkry materiaal. Die Koningin se beste word hier opgedis met die parmantigste taalgebruik, met die bes moontlike rolverdeling. Weereens geniet ons 'n film waar mens iets leer van die verlede. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, May 14, 2022
The Northman - 7/10
The Northman voel meer getrou as iets soos Vikings of The Last Kingdom - beide skep heeltemal te luukse beelde van soveel jare terug en omstandighede. Die rolverdeling werk met sterk vertolkings en 'n geloofwaardige storielyn. Kyk gerus as jy van die twee bg. reekse gehou het. Saam met Bella op die Bank.
Friday, May 13, 2022
The Lost City - 6/10
The Lost City is genre gewys een van die beter voorbeelde uit die Hollywood drukpers - sonder te veel pretensie en erns, met genoeg simpel humor. Vrydagaand springmielie meteriaal as ligte vermaak en ontspanning. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, May 8, 2022
The Bombardment (aka The Shadow in my Eye) - 7/10
The Bombardment bevestig die grim van oorlog, wel op 'n gevoelvolle, stylvolle manier. 'n Eenvoudige reeks van gebeure wat tot die ondenkbare gelei het. Beslis iets wat jy moet kyk as jy die Tweede We^reldoorlog geskiedenis interessant vind. Uitstekend vervaardig. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, May 7, 2022
Percy Vs Goliath - 6/10
Percy Vs Goliath is 'n eenvoudige fliekie met 'n groot boodskap. Geld wen altyd. Eintlik maar net nog meer onstellende materiaal vir denke. Saam met Bella op die Bank.
Monday, May 2, 2022
Reacher, Reeks - 6/10
Reacher is lewensgroot maar koop mens se guns met sy skerp dialoog. Die loodsepisode is belowend met geloofwaardige karakters. Sal die korter reekse klaar kyk. Saam met Bella op die Bank.
David Attenborough: A Life on Our Planet - 6/10
David Attenborough: A Life on Our Planet is uiteindelik 'n opsomming van verskeie van sy bekende programme. Die opsomming is egter neerdrukkend met 'n klein gleufie hoop vir ons geliefde planeet. Saam met Anrich op die Bank.
Saturday, April 30, 2022
The Outfit - 7/10
The Outfit is beslis 'n grendelstaat fliekie met erge milieu en karakter ekonomie. Die lyn, kostuum, periode, styl, visuele en spraak elemente lei beslis nie daaronder nie, en behou mens se aandag deurentyd. 'n Verwagte maar nodige ontknoping rond die kykgenot af. Saam met Bella op die Bank.
Squid Game, Minireeks - 7/10
Squid Game is amper kinderlik in sy eenvoud. Dit plaas egter menslike gedrag onder die vergrootglas op 'n skaal lanklaas gesien. Mens wil die kort reeksie vinnig klaarkyk, amper met dieselfde haas as wat die aanvaklik onwillige deelnemers die spel wil wen. Saam met Bella op die Bank.
Friday, April 29, 2022
Chaos Walking - 7/10
So nou en dan is daar 'n film wat innoverend is en 'n nuwe konsep op so manier verbeeld dat mens wonder hoekom dit nie al lankal gedoen is nie. Die Noise in Chaos Walking, sowel as die grafiese uitbeelding daarvan is in meeste opsigte prettig en vars. Behalwe seker waar die wolkies donker word... Die uitbeelding van mans in die algemeen as een-dimensionele slagoffers van hul eie gedagte is dalk bietjie seksisties, maar seker dan ook raak. Makisaki, hierdie was 'n onverwagse vermaaklike fliek. Mens kan ook 'n hele Doktorsgraad doen oor die sosiologie van sulke futuristiese pioniersgemeenskappe met sy menslike tropgedrag en al. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, April 28, 2022
Love Me, Minireeks - 4/10
Love Me het aanvanklik die moeite werd gelyk, maar nie seker of ons die tyd gaan spandeer nie - te dramarig. O, en dit is Australiaans. Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, April 27, 2022
The Interpreter - 5/10
The Interpreter is heel kykbaar. Dit is nie oormatig sentimenteel nie, en die lyn redelik geloofwaardig. Perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.
Monday, April 25, 2022
Vikings: Valhalla, Reeks - 3/10
Vikings: Valhalla bewys splinterreekse werk nie altyd nie. Hierdie is 'n tam, flou opvolg. Nee wat, dit lyk en klink amateuragtig, gaan beslis nie die tyd spandeer nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 24, 2022
A Very British Scandal, Minireeks - 6/10
A Very British Scandal bevestig die ander kant is nie altyd so rose en maanskyn nie. Periode, kostuum en dialoog doen gestand aan die Briste manier van langoedlewe. Saam met Bella op die Bank.
Re Granchio (The Tale of King Crab) - 4/10
Re Granchio (The Tale of King Crab) lyk baie belowend maar is eintlik net 'n groot geraas. Het na sowat 15 minute moed opgegee. Nie alle Italiaanse kunsflieks werk nie... Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 23, 2022
Unchartered - 5/10
Unchartered is redelike Vakansiedagaand materiaal. Redelik breinloos en heel kykbaar. Saam met Bella op die Bank.
Friday, April 22, 2022
Gentleman Jack, Minireeks - 5/10
Gentleman Jack is 'n kort reeksie, en lyk belowend, maar die dreunende stemtoon van die hoofrol kry my net onder. Sy praat soos 'n beheerde stoomroller - een van daardie kleintjies. Gaan dit dalk nie deursit nie. Saam met Bella op die Bank.
Swimming with Sharks, Minireeks - 6/10
Swimming with Sharks hou die aandag met sy puntenerige hoofmeisie voorkoms. Dit is 'n kort reeksie, hierdie sal dalk nie werk as 'n lang uitgerekte seisoen op seisoen een nie. Beslis nie vir die preutse mark bedoel nie. Saam met Bella op die Bank.
Life and Death in the Warehouse - 6/10
Life and Death in the Warehouse is nogals ontstellend in sy eenvoud. Dit is 'n kort film met 'n eenvoudige tema. Kyk self en besluit of jy daardie knoppie gaan kliek om iets te koop. Ek vermoed dit gaan veel erger. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 17, 2022
On the Rocks - 6/10
On the Rocks val in die trant van ander Bill Murray flieks. Die dialoog is soos te verwagte skerp en vermaaklik en New York verleidelik as 'n stad (en karakter). Vir 'n rustige Vrydag of Saterdagaand as jy bietjie meer wakker is. 'n Goeie alternatief vir Woody Allen films. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 16, 2022
The Contractor - 6/10
The Contractor val bogemiddeld in sy genre. Dit gebruik verwagte sentimentaliteit onverwags, en dan met 'n lyn wat net pre-pandemie vervaardiger diskresie sou oorleef. Redelike vermaak vir 'n Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.
Belle Vie, Realiteit Televisie - 6/10
Belle Vie is 'n gewone ou wat sy gewone storie vertel, Maar die Franse Bistro inslag maak hierdie baie inteerssant.
Friday, April 15, 2022
Farewell, My Queen - 7/10
Farewell, My Queen is meer vir die ervare kunsfliekganger bedoel. Ek is egter wel seker in die afwesigheid van kommunikasie tegnologie was goeters maar erg deurmekaar daar in die paleis op die voortaand van die val van die aristokrasie. Kyk ook gerus as agtergrond tot Qu'ils mangent de la brioche (laat hulle koek eet!) Marie Antoinette. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, April 14, 2022
Hector and the Search for Happiness - 1/10
Gits, nee, na die eerste 5 minute en 'n paar spronge lyk hierdie nie na ons koop tee nie. Sal eers Hector and the Search for Happiness los vir iets anders. Saam met Bella op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)

