Monday, July 27, 2009

The Deal - 5/10


The Deal is 'n interessante fliek oor hoe flieks gemaak word, met ou Bill wat nie te sleg speel nie. Meg speel haar gewone tipe rol, en daar is seker genoeg snaakse tonele om die fliek as ontspanning te beskou vir 'n meer breinlose Vrydagaand. Hier so in die helfte van die fliek raak die res van die storie so ietwat meganisties, presies soos die eerste tipe rolprent wat hulle probeer maak - die storie dwing hom self as't ware tot die volgende logiese stappe - of sal mens se^ logiese Hollywood verloop. Wat egter opval met die film is die pragtige SA! Daar is verskeie plekke wat mens dadelik herken, en die opvallende SA Engelse aksent - Sanglish? - dra by tot, haai, ons-ken-mos-hierdie-plek gevoel. Dit sit 'n ekstra dimensie by die fliek, asof SA nog 'n karakter in die verdeling is. As die New Yorkers kan breg oorlat NY 'n karaketer in flieks is, wat daar afspeel kan ons seker dieselfde doen? Kyk gerys, al is die net vir die SA tonele - dit ondersteun tog dan SA as 'n film stel. Saam met Bella op die bank.

No comments:

Post a Comment