Saturday, March 20, 2010

Alice in Wonderland 3D - 8/10

Dis nou maar een ding, Tim Burton maak miskien donkerder flieks, maar sy aandag aan visuele details en verdieping is ongelooflik. Eintlik vertel hy 'n ou storie weer maar net oor, en met soveel verfrissende interpretasies dat mens heeltemal ingesluk word in die skynwerklikheid van Onderland. Johnny Depp doen sy reputasie gestand en lewer weereens 'n puik vertolking van die mal hoedeman. Dis egter die Rooi Koningin wat mens beindruk, maar eintlik kan mens niemand uitsonder in hierdie absolute visuele nirvana nie. Hoogs aan te beveel, maar nie vir die kleinstes nie, dis dalk so bietjie donker en bo hulle vuurmaakplek. Dit is off-beat, maar tog ook toeganklik. Saam met die familie en die Krugers (sonder Mnr J) in die teater. Ek en Bella het op 'n loverseat gesit...

1 comment:

  1. O ja, verseker donker, en verseker is die `rooi Queen' net eenvoudig besonders. Depp - mad as a hatter. Ek was ook beindruk met hoe die grafika en film meng, neem daardie hond wat hulle help, die een wat die puppies in aanhouding het, unbelievable!
    Nou-ja, vreeslk geniet.

    ReplyDelete