Vikings: Valhalla bewys splinterreekse werk nie altyd nie. Hierdie is 'n tam, flou opvolg. Nee wat, dit lyk en klink amateuragtig, gaan beslis nie die tyd spandeer nie. Saam met Bella op die Bank.
Monday, April 25, 2022
Sunday, April 24, 2022
A Very British Scandal, Minireeks - 6/10
A Very British Scandal bevestig die ander kant is nie altyd so rose en maanskyn nie. Periode, kostuum en dialoog doen gestand aan die Briste manier van langoedlewe. Saam met Bella op die Bank.
Re Granchio (The Tale of King Crab) - 4/10
Re Granchio (The Tale of King Crab) lyk baie belowend maar is eintlik net 'n groot geraas. Het na sowat 15 minute moed opgegee. Nie alle Italiaanse kunsflieks werk nie... Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 23, 2022
Unchartered - 5/10
Unchartered is redelike Vakansiedagaand materiaal. Redelik breinloos en heel kykbaar. Saam met Bella op die Bank.
Friday, April 22, 2022
Gentleman Jack, Minireeks - 5/10
Gentleman Jack is 'n kort reeksie, en lyk belowend, maar die dreunende stemtoon van die hoofrol kry my net onder. Sy praat soos 'n beheerde stoomroller - een van daardie kleintjies. Gaan dit dalk nie deursit nie. Saam met Bella op die Bank.
Swimming with Sharks, Minireeks - 6/10
Swimming with Sharks hou die aandag met sy puntenerige hoofmeisie voorkoms. Dit is 'n kort reeksie, hierdie sal dalk nie werk as 'n lang uitgerekte seisoen op seisoen een nie. Beslis nie vir die preutse mark bedoel nie. Saam met Bella op die Bank.
Life and Death in the Warehouse - 6/10
Life and Death in the Warehouse is nogals ontstellend in sy eenvoud. Dit is 'n kort film met 'n eenvoudige tema. Kyk self en besluit of jy daardie knoppie gaan kliek om iets te koop. Ek vermoed dit gaan veel erger. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 17, 2022
On the Rocks - 6/10
On the Rocks val in die trant van ander Bill Murray flieks. Die dialoog is soos te verwagte skerp en vermaaklik en New York verleidelik as 'n stad (en karakter). Vir 'n rustige Vrydag of Saterdagaand as jy bietjie meer wakker is. 'n Goeie alternatief vir Woody Allen films. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 16, 2022
The Contractor - 6/10
The Contractor val bogemiddeld in sy genre. Dit gebruik verwagte sentimentaliteit onverwags, en dan met 'n lyn wat net pre-pandemie vervaardiger diskresie sou oorleef. Redelike vermaak vir 'n Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.
Belle Vie, Realiteit Televisie - 6/10
Belle Vie is 'n gewone ou wat sy gewone storie vertel, Maar die Franse Bistro inslag maak hierdie baie inteerssant.
Friday, April 15, 2022
Farewell, My Queen - 7/10
Farewell, My Queen is meer vir die ervare kunsfliekganger bedoel. Ek is egter wel seker in die afwesigheid van kommunikasie tegnologie was goeters maar erg deurmekaar daar in die paleis op die voortaand van die val van die aristokrasie. Kyk ook gerus as agtergrond tot Qu'ils mangent de la brioche (laat hulle koek eet!) Marie Antoinette. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, April 14, 2022
Hector and the Search for Happiness - 1/10
Gits, nee, na die eerste 5 minute en 'n paar spronge lyk hierdie nie na ons koop tee nie. Sal eers Hector and the Search for Happiness los vir iets anders. Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, April 13, 2022
Richard Hammond's Workshop, Reeks, Realiteit Televisie - 7/10
Richard Hammond's Workshop is glad nie sleg nie. As mens enigsins van ouer karre hou is hierdie die moeite werd. Ten spyte van sy bravade is dit nie maklik om so besigheid te begin nie. Saam met Bella en Anrich op die Bank.
Sunday, April 10, 2022
Miss Willoughby and the Haunted Bookshop - 3/10
Gits, Miss Willoughby and the Haunted Bookshop is taamlik amateuragtig. Die rolverdeling red ook nie juis die filmpie nie. Die dialoog is geforseerd en die teks bra saai. Ek het stukkies gekyk, Bella het dit gevolg. Op die Bank.
Saturday, April 9, 2022
Rifkin's Festival - 6/10
Rifkin's Festival is nie Woody se beste werk nie, en die manlike hoofrol ook nie my gunsteling akteur nie. Dit is egter heel kykbaar, veral met die Dr Rojas wat sag op die oog val. Tipiese praat fliekie, met ligte humor, mooi mense, mooi plekke en duur smaak. Net jammer nie al die Spaans wys in die subtitels nie, so mens mis bietjie van daardie (passievolle) gesprekke. Saam met Bella op die Bank.
Moonshot - 3/10
Moonshot is plastiek, oppervlakkig met geforseerde dialoog en situasies. Dit is ondraaglik pynlik by tye. Die vertolkings is so-so. Ek het stukkies gekry, Bella het dit deurgesit (op die Bank).
Friday, April 8, 2022
All the Old Knives - 6/10
All the Old Knives is sekerlik die stadigste spioenasie drama ooit. Baie praat, min aksie. Die milieu en kostuumwerk is egter stylvol, met karakter (en milieu) ekonomie (nog 'n pandemie fliekie). Jy moet wakker voel om hierdie een aan te pak, die lyn gaan dit nie doen nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 3, 2022
Illusions Perdues (Lost Illusions) - 8/10
Illusions Perdues (Lost Illusions) is absolute tragedie, die titel kon dalk eerder eerder L'ascension et la Chute de Lucien de Rubempré (The Rise and Fall of Lucien de Rubempré) wees. Die film lei dan ook die era van fausses nouvelles (fake news) in. Dit is wel jammer ons volg nie Frans nie, ek is oortuig daar is heelwat verlore nuanses met die onderskrifte. Die rolverdeling, milieu, periode, kostuumwerk en verhaal is alles perfek gepas vir die titel en storielyn. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 2, 2022
CODA - 9/10
Partymaal is die Oscar wenner die moeite werd. CODA is 'n innemende, onpretensieuse, opregte fliekie. Kyk dit beslis saam met jou wederhelf op 'n Saterdag of Sondagaand. 'n Eenvoudige storie in 'n realistiese milieu met (Oscar) vertolkings. 'n Mengsel van lag, drama, musiek en grootword en omstandighede. Saam met Bella op die Bank.
Moon Knight, Minireeks - 5/10
Moon Knight is 'n kort minireeksie. Die onhebbelike deurmekaar gemaal herhinner sterk aan Legion - mens moet kophou soos 'n dronk weeluis. Sal dit waarskynlik klaar kyk, redelike vermaak. Saam met Bella op die Bank.
Friday, April 1, 2022
Moonfall - 2/10
Soos te verwagte is Moonfall een groot potjie gemors. Redelike grafika, en getrou aan die genrem totaal oorspeelde vertoklings en 'n oppervlakkige erns. Breinlose vermaak. Hou verby. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, March 26, 2022
Death on the Nile - 3/10
Death on the Nile het alles wat in sy guns tel, maar is 'n klomp pretensieuse, vermaaklose, oordrewe rommel. Ek het met stukke aan die slaap geraak so oninteressant was dit. Ai. Hou maar eerder verby. Die grafika is dalk goed maar doen afbreek aan die materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Friday, March 25, 2022
Windfall - 5/10
Windfall is beslis 'n pandemie isolasie fliekie. Die karakter en milieu ekonomie ondersteun dit. Nogals taamlike eksistensialistiese vraagstukke vir 'n Vrydagaand, sowel as sosiologiese kommentaar op menslike gedrag, veral waar hedendaagse klassie (rykdom) ter sprake kom. Nie juis vermaaklik nie, dalk bietjie saai. Die huis is nie te onaardig nie, ek sal daar kan bly. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, March 20, 2022
Enid - 6/10
Enid laat mens hardop wonder hoe akkuraat die film is ten opsigte van ware gebeure en feite. Maar as dit enigsins akkuraat is, is Enid beslis 'n opperste, skynheilige draakstasie. Die milieu, periode en vertolkings is gepas, en redelike Sondagaand kykmateriaal. Dit is seker vermaaklik (aweregs) as mens sou aanvaar alles is fiksie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, March 19, 2022
Deep Water - 5/10
Deep Water slaag op vele vlakke behalwe die belangrikste paar - dit voel ietwat uitgerek, vervelig by tye en dan gee mens nie regtig om wat met die karakters gebeur nie. Die milieu, stel, stelinkleding, rolverdeling, vertolkings en spanningslyn is bogemiddeld. Die vroulike hoofrol is uitlokkend verleidelik (verloklik?), die manlike een net te flegmaties en beheersd. Die film slaag wel daarin om die bloudruk van 'n psigopaat vas te vang met die fanatiese slakke aanbidding en totale afwesigheid van emosie (behalwe vir enkele tonele). Wat die film red van 'n vroee" dood is dat mens net wil sien hoe dit eindig, en wie kry die huis - ek saal regtig graag daar wil woon. Nie te slegte Saterdagaand vermaak nie.
Saturday, March 12, 2022
Let Them All Talk - 6/10
Let Them All Talk is beslis net vir geharde kunsfliekgangers bedoel. Dit is 2 ure van praat, en dan meesal beperk tot gesprekke rondom 'n etenstafel. Dit behou egter die aandag as gevolg van die uitstaande vertolkings. Redelik ekonomies tot rolverdeling, milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.
Friday, March 11, 2022
Tenet - 6/10
Tenet is darem bogemiddelde vermaak, maar mens moet kophou soos 'n dronk wee"luis. Die hele inversie affe^re maak sin op papier, maar in filmrealiteit kompleks om te volg. Dit het dan ook 'n mate van herhaling tot gevolg. Die vertolkings is goed, die rolverdeling hedendaagse Hollywoods-korrek maar staan so bietjie uit. Die kostuumwerk en stelinkleding skep 'n luukse gevoel. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, March 6, 2022
Munich: The Edge of War - 7/10
Munich: The Edge of War is 'n onverwagse punt-van-jou-stoel fliekie. Die rolverdeling, periode en vertolkings is raak en oortuigend. Uit die aard gebaseer op ware gebeure met mildelike kreatiewe inkleur. Die perfekte Sondagaand fliekie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, March 5, 2022
The Batman - 9/10
The Batman is sekerlik die naaste wat superheld films aan kunsflieks kom. Die aandag aan detail, klank, spraak, dialoog, milieu, spanningslyn, kostuumwerk, stelinkleding, rolverdeling en vertolkings staan kop en skouers bo ander uit. Die terugkeer na die basiese elemente, veral die bekeie rolletjie van tegnologie en oordeelkundige gebruik van grafiese geweld (wel die amper afwesigheid daarvan) maak hierdie nog meer die moeite werd. Die buierige Bruce Wayne en by tye feilbare The Batman is oortuigend. En die Batmobiel is seker die mees onheilspellende een ooit - wie sal daardie enjin opstart sekwens vergeet? Die rolverdeling staan groot skoene met gemak vol. Onthou hierdie is DC, dus is alles donker en grys, niks lyk soos dit regtig is nie. Saam met Bella en Franko by Kolonnade se film teater.
Friday, March 4, 2022
The Story of My Wife - 7/10
Met die fokus op storie, hierdie is 'n lang film met lang, stadige skote, stadige dialoog en gevoelvolle gesigsuitrdukkings. Mikro oomblikke word in detail met langer stadige kameraskote beklemtoon. Die kamerawerk is wel stilisties sterk en artisties. Op die ou einde is dit maar 'n eksistensie"le krisis verpak in 'n verhouding kontekts. Ek is ook seker die ouer Italiaanse rampokker is 'n verpersoonliking van die manlike hoofrol se alter-ego. Ek dink ook die film se 6 tonele verwys na die fases van aanvaarding... Die milieu is wel romanties, veral die Paryse woning, met 'n leefstyl wat mens groen van jaloesie maak - wel dalk nie die lang tye van afwesigheid nie. Nie swaar voorgele^ nie, maar wel 'n swaarder tema. Humor word tog gebruik en die dialoog is wel geformuleerd. Vir geharde kunskring liefhebbers bedoel. Meesal in Engels met Hollands aan die begin en einde wat mens maklik kan volg. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 26, 2022
Retour en Arrière (Flashback) - 5/10
Gits, Retour en Arrière (Flashback) is 'n vinnige Franse geskiedenisles met 'n taamlike hals-oor-kop aktrise. Die materiaal word baie lig voorgele^, al is daar dele wat sekerlik ten tyde van die ware gebeure heelwat minder lig ervaar was. Een van die beter moderne Franse komedies, met 'n opvolg fliek wat wink aan die einde. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 25, 2022
Kimi - 6/10
Kimi is 'n ware grendelstaat (inperking) fliekie met 'n onverwagse komiese einde. Dit is asof die film eweskielik ontwaak en ontspan. Dalk nie Soderbergh se beste produksie tot hede nie, maar mens kan beslis sy hand aan die styl sien. Dit is veral die nederige woonstel wat hiertoe bydrae. Nie te swaar of met veel spanningsdrama elemente nie, heel ontstappend om te kyk. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 19, 2022
Eiffel - 6/10
Dit is jammer Eiffel fokus meer op die politiek en ander sake as die tegniese aspekte van die bekendste toring in die we^reld, maar dit ten spyt, is die film steeds die moeite werd om te kyk. Dalk ietwat oordrewe en sentimenteel, maar dan is Parys 'n plek van sulke goeters. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 12, 2022
House of Gucci - 7/10
Die rolverdeling is verassend en mens herken van die akteurs nie. House of Gucci is egter periode, milieue en waarskynlik feitelik korrek. En tog tragies, geen Gucci familielid is meer betrokke by die modehuis nie. Gierigheid bly die ergste doodsonde. Die moeite werd vir die vertlokings en verhaal. Saam met Bella op die bank.
Friday, February 11, 2022
The King's Man - 6/10
Ek was nie gek na die inleiding van The King's Man nie, dit laat 'n ietwat Kakie smakie in die mond. Die film voel dan ook soos 'n langerige geskiedenis lessie met 'n paar redelike tonele tussendeur. Die milieu is wel skouspelagtig met 'n oorspeelde vertolking van Rasputin. Maar die waarde van die film is in die terugstorie. Steeds redelike vermaak vir 'n Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 4, 2022
Nightmare Alley - 6/10
Nightmare Alley is stilisties en visueel ryk. Heelwat aandag is aan detail geskenk ten opsigte van die milieu en stelinkleding. Die lyn is ietwat voorspelbaar, maar ten spyte daarvan behou dit die aandag. Die rolverdeling is gepas met sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 29, 2022
The Gilded Age, Reeks - 5/10
Met dieselfde skepper as Downton Abbey, is die verwagtinge seker net te groot vir The Gilded Age. Die karakters en vertolkings is ietwat saai, en die intriges voel bietjie plastiek. Sal nog kyk, maar nie oortuig nie. So bietjie van 'n reseppie wat net in 'n ander milieu herhaal word met ander mense. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk.
Thursday, January 27, 2022
Mainstream - 6/10
Mainstream wurg lee" sensasie in mens se keel af soortgelyk aan sosiale (en gewone) media platforms as kommentaar op hedendaagse aanlyn samelewing. Die film steek die grens van die absurde oor met sterk maar oordrewe vertolkings. Gelukkig is dit relatief kort, so sterk maar vinnige medisyne. Wat mens alles vir 'n Like nie sal doen nie. Saam met Bella by Buffelsbaai.
Monday, January 24, 2022
Peacemaker - 6/10
Peacemaker volg direk na die papperige The Suicide Squad fliekie as 'n splinter reeks - van die fliek tonele herhaal in die loodsepisode. Dit is egter baie snaaks, maar beslis vir 'n volwasse gehoor bedoel. Die reeksie lyk beter as die fliek, sal die paar episodes kyk. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk.
Succession, Reeks - 6/10
Succession bevat die vewagte drama en intrige dosis, sal nog 'n paar episodes kyk om vas te stel of dit gaan werk aldan nie. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk.
Sunday, January 23, 2022
The King's Daughter - 4/10
Gits, ek was seker The King's Daughter is 'n middel laerskool meisie Disney fliekie. Die vertolkings is oordrewe, ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Hou maar eerder verby. Saam met Bella by Buffelsbaai.
Friday, January 21, 2022
L'origine du Monde (Dear Mother) - 5/10
L'origine du Monde begin heel goed, snaaks en met gepaste storielyn. Dit neem dan 'n draai in die verre absurde, maar steeds snaaks, alhoewel seer ongemaklik. Die film moet met 'n waarskuwing kom! beslis nie materiaal saam met Ouma nie. Dit laat my steeds wonder, hoekom sal iemand so tema/film aanpak? Saam met Bella by Buffelsbaai.
Sunday, January 16, 2022
Délicieux - 8/10
Délicieux is 'n smaakvolle, eenvoudige storietjie oor die ontstaan van restuarante. Alles is nie histories of feitelik korrek nie, maar mens kry die idee. Die vertolkings is sterk, die milieu na aan die paradys. Die kos tonele laat mens se mond water. Kyk gerus as jy van Frans, Frankryk, kosmaak of net mooi goed hou. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 15, 2022
Eternals - 3/10
Gits, gaap, Eternals is een lang uitgerekte polities korrekte span dinamika gevalle studie klas. Dit is regtig saai, met eindelose herhaling. Alles in die fliek neem ditself heeltemal te ernstig op. Humor sou dit gered het. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 8, 2022
Code of Silence - 7/10
Code of Silence is 'n stylvolle minimalistiese drama rondom die vastrek van die berugte Kray tweeling. Raak rolverdeling, akkurate periode, stel, stelinkleding en milieu. Hierdie twee was ongure karakters verantwoordelik vir heelwat moord en dood. Uitstekende produksie en die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.
Friday, January 7, 2022
Verdens Verste Menneske (The Worst Person in the World) - 5/10
Verdens Verste Menneske begin redelik maar word dan vinnig saai. Dit beweeg stadig en mens gee nie regtig vir die vroulike hoofrol karakter om nie. Die donker storielyn raak net te donker. Het by sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, January 2, 2022
The Book of Boba Fett, Minireeks - 5/10
The Book of Boba Fett ontbreek sover een belangrike deel - Baba Yoda. Vir die res volg dit die resep van The Mandalorian. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 1, 2022
En Man Som Heter Ove (A Man Called Ove) - 6/10
En man som heter Ove (A Man Called Ove) is in Sweeds met onderskrifte wat nie baie streng volgens die taal ree"ls is nie, en baie vertalingsfoute bevat. Ten spyte daarvan, volg mens redelik maklik die dialoog. Dit is 'n besielende storietjie wat fokus op aanvaarding, 'n mens se doel, en onbevooroordeeldheid. Tipiese Sweedse humor en dialoog, streng sonder takt. Verwag Skandinawiese eenvoud in alle opsigte in die film. Nie so snaaks soos Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) nie, maar tog soortgelyk. Saam met Bella op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)

